|
|
|
::nuus |
|
Gauteng-Koppi-FORR!!!
My onlangse Gauteng solo toer het baie goed afgeloop – lekker gehore, gawe venue eienaars, geen teespoed. Dit was groot pret om saam met my buddy Neels Venter in sy ou VW Beetle 'Ella' die road trip te doen. Ons was sonder twyfel die coolste dudes op die highway.
Oppikoppi was fantasties. Die 20 Jaar Tribute show was vir my 'n roerende gedoente, en 'n reuse-eer. Baie dankie aan almal betrokke – Carel, Misha en almal van die Koppi, Huisgenoot Tempo, Schalk Joubert, Liny Kruger, en natuurlik al die musikante wat op die verhoog was.
Terug by die huis bly ek besig met kleiner optredes, rubrieke skryf en toere organiseer. Ek en Ollie Viljoen het ook 'n Kwela shoot agter die blad; een van die dae is ons weer op die kassie. Baie dankie aan Marlene Swart van African Queen River Cruises, Birkenhead Brewery, Oom Steyn's Pub, Kleinrivier Kaas, Raka Wines en Sir Robert Stanford Wines vir 'n great dag en heerlike verversings!
Tans is ek op pad na FORR in Mosambiek. Na afloop daarvan bly ek vir 'n paar dae agter in Pretoria vir 'n optrede of twee.
Hou gerus die 'Optredes' blad hier op die website dop. Kom kuier ook op www.facebook.com/valiant.swart - dit gaan jolig daar!
Sien julle in die spotlights.
|
|
 |
|
|
|
::die
bloublad |
|
Die BlouBlad
is weer aan die gang. Kom gesels gerus. Almal moet ongelukkig weer
aansluit, maar die proses is baie vinnig en pynloos.
|
 |
|
|